Karringmelkbeskuit

Hierdie tradisionele beskuit word met tuisgemaakte karringmelk gebak.

Aartappelplantjie & Anysbeskuit

Aartappelgis, anys en ʼn lang rysperiode gee ʼn besonderse geur aan hierdie beskuit.

Aartappelplantjie-beskuit

Aartappelgis gee aan hierdie beskuit daardie kenmerkende ouwêreldse smaak.

Ontbytbeskuit

Graanvlokkies, sonneblomsaad en bruinsuiker maak dit die perfekte ontbythappie.

All Bran-beskuit

‘n Bros en growwe beskuit met graanvlokkies.

Bosbessiebeskuit

‘n Suikervrye beskuit met pampoensaad en bosbessies.

Semelbeskuit

‘n Heerlike veselryke beskuit – net reg om die dag mee te begin.

Die aartappelsuurdeegbeskuit met of sonder anys is verby baie lekker... jy kan hom vat saam met koffie, jy kan hom vat saam met tee, hy loop net goed. Jy kan hom net so eet, hy is steeds lekker. Die karringmelkbeskuit is besonders. Jy kan hom droog eet dat hy kraak tussen die tande, hy is verby lekker. Dankie daarvoor.
Hennie Basson
Jou koekies is heerlik, mooi en klassiek. Wow!​
avatar, person, neutral
Niel Jonker
Omdat ek ʼn VLV-vrou is, waag ek ook soms my hand aan ʼn droëkoekie of broodjie. Maar elke keer as Annelise se tuisgebak in ons huis beland, herinner my huismense my daaraan dat niemand se koekies of brood darem so lekker is soos tannie Annelise s’n nie. En ek kan nie stry nie. Lyk perfek mooi en smaak heerlik.
Annebe Coetzee