Anysbrood
Veerligte beskuit net soos ouma dit gebak het. Sny dit soos brood of breek dit in stukke en droog dit self uit.
Sourdough
Natuurlike gis en ongebleikte meel word gebruik om hierdie watertandbroodjie te bak wat herinner aan ʼn Ciabata.
Plaasbrood
Tradisionele plaasbrood wat gebak word met wit- en bruinbroodmeel en gewone korrelgis.
Sade Brood met Karringmelk
Met heilsame bestandele soos laevet karringmelk, volgraan ongebleikte meel, heuning en sonneblom sade is hierdie broodjie gesond èn goed vir die gewete.
Brood Rolletjies
Hierdie heerlike, digte rolletjies van volgraan meel is die perfekte pasmaat vir ‘n bielie van ‘n “burger” wat sal seker maak niemand staan honger van die tafel af op nie.
Roosterkoek
Die perfekte kombinasie van ‘n effense harde buiterand en ‘n veerligte binnekant wat afgerond word met die geur van vuurrook wat deur skemer. En groot genoeg vir ‘n verskeidenheid verruklike vulsels!
Die aartappelsuurdeegbeskuit met of sonder anys is verby baie lekker... jy kan hom vat saam met koffie, jy kan hom vat saam met tee, hy loop net goed. Jy kan hom net so eet, hy is steeds lekker. Die karringmelkbeskuit is besonders. Jy kan hom droog eet dat hy kraak tussen die tande, hy is verby lekker. Dankie daarvoor.
Hennie Basson
Jou koekies is heerlik, mooi en klassiek. Wow!​
avatar, person, neutral
Niel Jonker
Omdat ek ʼn VLV-vrou is, waag ek ook soms my hand aan ʼn droëkoekie of broodjie. Maar elke keer as Annelise se tuisgebak in ons huis beland, herinner my huismense my daaraan dat niemand se koekies of brood darem so lekker is soos tannie Annelise s’n nie. En ek kan nie stry nie. Lyk perfek mooi en smaak heerlik.
Annebe Coetzee