koekies

Kondensmelkkoekies

Kondensmelk, klapper en ʼn sjokoladeversiersel, maak hierdie koekies onweerstaanbaar.

Vlakoekies

ʼn Bros vlakoekie met ʼn geurige vanieljevulsel.

Gemmerkoekies

Hierdie gemmerkoekies is kraaklekker met ʼn delikate gemmergeur.

Romany Creams

ʼn Hemelse klapper- en kakaokoekie met ʼn sjokoladevulsel.

Pannekoekies

Die kaneelgeure in hierdie koekie is enige pannekoekliefhebber se droom.

Crunchies

‘n Bros hawermout- en klapperkoekie.

Rice Crispy-koekies

‘n Bros, krakerige koekie waarvan jy nooit net een kan eet nie. 

Smelt-in-die-Mond

ʼn Soetkoekie met ʼn bottervulsel wat letterlik smelt in jou mond.

Sjokoladekoekies

ʼn Dekadente sjokoladekoekie met ʼn sjokoladebottervulsel.

Koffiekoekies

 ʼn Tradisionele koffiekoekie met ʼn gekookte koffievulsel.

Outydse Soetkoekies

Subtiele speserygeure maak hierdie koekies onweerstaanbaar.

Konfytkoekies

Met holtetjies vol appelkooskonfyt, lyk hierdie koekies net so lekker soos dit smaak.

Brosbroodkoekie

Kamma-brosbrood wat smelt in jou mond.

Chillie-Chockoekie

Die Lindt chillie-sjokolade in hierdie koekies maak dit iets besonders.

Gemengde Koekies
600g | 200g
Geskenkpak
800g
Fles
1kg

Brosbrood-, Crunchies, Koffie-, Konfyt-, Kondensmelk-, Rice Krispie-, Romany Creams, Sjokolade-, Smelt in die mond- en Vlakoekies.

Die aartappelsuurdeegbeskuit met of sonder anys is verby baie lekker... jy kan hom vat saam met koffie, jy kan hom vat saam met tee, hy loop net goed. Jy kan hom net so eet, hy is steeds lekker. Die karringmelkbeskuit is besonders. Jy kan hom droog eet dat hy kraak tussen die tande, hy is verby lekker. Dankie daarvoor.
Hennie Basson
Jou koekies is heerlik, mooi en klassiek. Wow!​
avatar, person, neutral
Niel Jonker
Omdat ek ʼn VLV-vrou is, waag ek ook soms my hand aan ʼn droëkoekie of broodjie. Maar elke keer as Annelise se tuisgebak in ons huis beland, herinner my huismense my daaraan dat niemand se koekies of brood darem so lekker is soos tannie Annelise s’n nie. En ek kan nie stry nie. Lyk perfek mooi en smaak heerlik.
Annebe Coetzee