Beskuitjie-Fudge 50g

Kakao, koffie en Marie-beskuitjies maak hierdie fudge ʼn treffer.

Fudge 50g

Gekookte fudge met ‘n sag en romerige smaak.

Dadelballetjies 75g

Vars dadels en fyngemaakte Marie-beskuitjies wat in klapper gerol word.

Klapperys 50g

Hierdie klapperys word met kondensmelk gemaak en is ‘n treffer.

Die aartappelsuurdeegbeskuit met of sonder anys is verby baie lekker... jy kan hom vat saam met koffie, jy kan hom vat saam met tee, hy loop net goed. Jy kan hom net so eet, hy is steeds lekker. Die karringmelkbeskuit is besonders. Jy kan hom droog eet dat hy kraak tussen die tande, hy is verby lekker. Dankie daarvoor.
Hennie Basson
Jou koekies is heerlik, mooi en klassiek. Wow!​
avatar, person, neutral
Niel Jonker
Omdat ek ʼn VLV-vrou is, waag ek ook soms my hand aan ʼn droëkoekie of broodjie. Maar elke keer as Annelise se tuisgebak in ons huis beland, herinner my huismense my daaraan dat niemand se koekies of brood darem so lekker is soos tannie Annelise s’n nie. En ek kan nie stry nie. Lyk perfek mooi en smaak heerlik.
Annebe Coetzee