Sedert sy in 2018 by die Koekies en Beskuit-span aangesluit het, het Denise gewys sy is haar gewig in goud werd. Sy het in ‘n kort tydjie die kuns van insuur bemeester en in die proses ook haar niche gevind deur van elke Aartappelplantjie-beskuit beslag ‘n sukses te maak. Denise se hande is ook verantwoordelik vir ‘n goue gunsteling, die dadelballetjies, en sy verseker dat elke balletjie met liefde en presiesie gemeng, gerol en verpak word.