Annelise Stofberg Koekies en Beskuit is tuisgebak soos ons ma’s en oumas dit gemaak het – uit die hart uit.
Al die resepte en inspirasie kom uit Annelise se ma se kombuis. Elke baksel word met dieselfde deernis in haar plaaskombuis op Eendracht naby Worcester gebak en met net soveel sorg verpak as wat haar ma altyd vir haar gedoen het wanneer sy koshuis toe gegaan het. Daarom herinner dit ʼn mens aan jou kinderdae, aan saamwees en proe dit soos liefde en omgee.