Tuisgebakte koekies, beskuit, brood, roosterkoeke en lekkers met sorg gebak en keurig verpak in ons plaaskombuis.

Annelise Stofberg Koekies en Beskuit is tuisgebak soos ons ma’s en oumas dit gemaak het – uit die hart uit.

Al die resepte en inspirasie kom uit Annelise se ma se kombuis. Elke baksel word met dieselfde deernis in haar plaaskombuis op Eendracht naby Worcester gebak en met net soveel sorg verpak as wat haar ma altyd vir haar gedoen het wanneer sy koshuis toe gegaan het. Daarom herinner dit ʼn mens aan jou kinderdae, aan saamwees en proe dit soos liefde en omgee.

ons produkte

Tuisgebak wat net so lekker smaak as wat dit mooi is.

ons bak vir jou

Ons waardes is diep gesetel in omgee en liefde en in ons kombuis word daar nie afgeskeep nie. Alles word met groot sorg vir jou gebak en keurig verpak. Dis eerlike, opregte tuisgebak soos jy dit self sou doen.

ons dienste

ons is daar as jy ons nodig het

Die aartappelsuurdeegbeskuit met of sonder anys is verby baie lekker... jy kan hom vat saam met koffie, jy kan hom vat saam met tee, hy loop net goed. Jy kan hom net so eet, hy is steeds lekker. Die karringmelkbeskuit is besonders. Jy kan hom droog eet dat hy kraak tussen die tande, hy is verby lekker. Dankie daarvoor.
Hennie Basson
Jou koekies is heerlik, mooi en klassiek. Wow!​
avatar, person, neutral
Niel Jonker
Omdat ek ʼn VLV-vrou is, waag ek ook soms my hand aan ʼn droëkoekie of broodjie. Maar elke keer as Annelise se tuisgebak in ons huis beland, herinner my huismense my daaraan dat niemand se koekies of brood darem so lekker is soos tannie Annelise s’n nie. En ek kan nie stry nie. Lyk perfek mooi en smaak heerlik.
Annebe Coetzee